More Info - Academix Lees (Gr. 1-12)

 

Taal:                 Tweetalig (Afrikaans en Engels)

 

As spelling en lees ‘n probleem is, is Academix die program wat sal kan help. Dit is 'n uitstekende hulpmiddel om jou kind se leesvaardighede soos spelling, leesspoed, konsentrasie, begrip en geheue te bevorder. Dis ‘n omvattende program wat dieselfde beginsels volg as wat in remedi?rende en leesklinieke landswyd aangewend word.

 

Jy ontvang egter ‘n addisionele bonus, aangesien Academix ook die volgende aspekte aanspreek:

  • Meervoude
  • Verkleinwoorde
  • Sinonieme
  • Antonieme
  • Woordbou
  • Sinsbou
  • Woordsomme (Ja! Kinders sukkel dikwels met woordsomme omrede hulle nie die vrae korrek lees en interpreteer nie.)

 

Academix is nie bedoel om n kind te LEER LEES nie, m.a.w die basiese leesvaardighede – kennis van alfabet ens.) moet reeds bemeester wees. Academix stel leerders in staat om beter in al hulle vakke te vaar, aangesien lees so ‘n basiese komponent van akademiese prestasie vorm.

Die volgende leestegnieke is ingesluit:

  • Bepaal leesspoed
  • Vensterlees
  • Lyn-vir-lynlees
  • Volbladlees
  • Spel-en woordbou oefeninge
  • Konsentrasie-en  geheue oefeninge
  • Fasiliteit  om lesse self te wysig of om eie nuwe lesse self by te voeg.
  • Agt verskillende leestegnieke
  • Oogspanwydte- en Oogbewegingsoefeninge

 

Na elke leessessie volg daar ‘n begripstoets. Die program stoor outomaties die leser se leesspoed en begripstoetsresultate.

Die moeilikheidsvlakke en inhoud van die lesse wissel na gelang van die graad wat gekies word. Speletjies sluit o.a. ou bekendes soos Hangman in beide Afrikaans en Engels in.


Product Images:

Back to Shop