More Info - Big Boet: Graad 0-1

Basiese vaardigheidsprogram wat u kind voorberei vir die primêre opvoedingsfase.

Daar is honderde oefeninge in elke afdeling wat u kind sonder hulp kan bemeester en genoegsame uitdagings stel wat outomaties vlakgewys die moeilikheidsgraad aanpas soos u kind vorder. As 'n beloning op prestasie, verskyn 'n bonus speletjie wat ook u kind se konsentrasie en denke stimuleer.

 

 

Vaardighede

 

 

 

  • Wiskunde: Die leerder word bekendgestel aan syfers en syfertegnieke. Optel en aftrek word verduidelik deur middel van oudio-visuele voorbeelde.

  • Skrif: Leerders kry die geleentheid om hoofletters en kleinletters op die rekenaarskerm te skryf.

  • Geheue: Geheue word gestimuleer deur versteekte prentjies wat bymekaar pas binne 'n bepaalde tydsbestek op te spoor.

  • Denkvaardighede: Leerders kry die geleentheid om woorde, prentjies en geluide bymekaar te pas

  • Verslag: Jou kind kan onafhanlik te werk gaan, terwyl jy sy/haar vordering via verslae kan monitor.

Vaardighede 

    • 5-in-1 Bewese metodes om punte te verbeter.

    • Jou kind word toegelaat om onafhanklik te werk te gaan, terwyl die tyd vir elke aktiwiteit gemonitor word.

    • Vorderingsverslag beskikbaar vir onderwysers en ouers. Hierdie verslag monitor die vordering in elke afdeling en dui aan watter vlak en persentasie wat behaal is)

    • Vyf moeilikheidsvlakke

    • 'n Drukbare inkleurboek en bonus legkaarte is ingesluit

 


Product Images:

Back to Shop