More Info - Tyd vir Tafels

Interaktiewe speletjies:

  • Interaktiewe Werkskaarte

  • Drukbare flitskaarte

  • Aanpasbare moeilikheidsvlakke

 

Dit is ‘n feit dat kinders baie makliker leer wanneer die materiaal op ‘n informele spelgeoriënteerde wyse aangebied word. Tyd vir Tafels inkorporeer hierdie gedagte deur middel van 5 interaktiewe maaltafels speletjies. Al die speletjies het 3 moeilkheidsvlakke om voorsiening te maak vir leerders wat sukkel met hulle tafels sowel as diegene wat meer van ‘n uitdaging soek.  

Die program bevat ook ‘n databasis wat tot soveel as ‘n 1000 leerders se resultate kan stoor. Die resultate word vertoon in ‘n vorderingsverslag. Vir addisionele motivering, het elke speletjie ‘n Top-Tien Ranglys (Top Ten Highest Score) om leerders aan te moedig om die volgende keer vinniger en beter te doen. 

Times for Tables bevat 5 verslawende maaltafels speletjies (waaroor jou Ma glad nie sal omgee nie!). 

 X-Legkaarte: ‘n Legkaart-bou speletjie waar jou kennis van tafels jou help om die prentjie te voltooi. Dis ‘n wonderlike manier om jou spoed en akkuraatheid met maaltafels in te oefen. Met 3 moeilikheidsvlakke en 40 prente, waarborg on ure se pret! 

Goud Koors: ‘n Maaltafels speletjies wat help om vinnige denkvaardighede te ontwikkel. In hierdie spel val rotse met sekere waardes daarop deur ondergrondse tonnels. Die doel van die speletjie is om die spoorwegtrok onder die bewegende rots te hou sodat die waarde van die vallende rots dieselfde bly as dié op die spoorwegtrok.  

Baltafels: Bars balonne in hierdie speletjie vir die ontwikkeling en verbetering van jou tafelsvaardighede. Die wiskunde probleem verskyn in die lug en die moontlike antwoorde op die balonne. Jy moet die korrekte balon bars voordat die tyd uitloop… 

Numix: ‘n Prettige en kleurvolle raaisel wat een van die kernkonsep van maaltafels (naamlik meervoude)  inoefen. In hierdie speletjie, val genommerde blokkies van bo af, van waar hulle op mekaar gestapel moet word. Die hoef doel is om blokkies wat ‘n ry van veelvoude vorm te elimineer, sodat jy verder kan bou! 

Kaasmaal:  Kaasmaal is gebaseer op die bordspel Slangetjies en Leertjies, maar met die verskil dat jy die rot se bewegings beheer deur vrae wat verband hou met maaltafels, beantwoord. Gedurende die makliker vlak, kan jy besluit met watter tafels jy wil speel, maar op die medium  en moeliker vlakke, kies die rekenaar die tafels.

Vorderingsverslag: Kaarte en Oefeninge

 

 

 

 

 

 

SMS-ontsluiting @ R5,00 per sms.

 

 

 


Product Images:

Back to Shop