More Info - Dina Dinosourus Skoolgereedheid

Dina is 'n onweerstaandbare kleuterprogram!

Geskik vir ouderdom 3 jaar - 7 jaar (sodra jou kind die muis kan gebruik...) en spreek alfabet, syfervaardighede & perseptuele vaardighede aan. 

Die program bevat ook:

  • 'n Muisonderwyser

  • Verskeie opvoedkundige speletjies en

  • Laat jou kind selfs toe om sy eie musiek in die oerwoud te komponeer...

Dina Dinosourus is die leervriendjie wat jou kind op die wonderlikste avonture neem.  Die leerder word toegelaat om die voordele van multimedia te benut. Klank en animasies sien toe dat die leerder se aandag heeltemal by die leerproses betrek word en dit verseker dat die beste resultate bereik word. Die leerproses is soveel pret dat die kind meestal totaal onbewus is van die hoeveelheid leer wat plaasvind. 

Hierdie skoolgereedheidsprogram is ontwikkel met die doel om jou kind in staat te stel om met die minimum volwasse toesig teen sy/haar eie tempo te vorder. Die program akkommodeer selfontdekking, wat 'n kernelement van uitkomsgebaseerde onderrig is. Dina Dinosourus is gemik op die formatiewe jare van die kleuter se lewe. Dit word gedoen op 'n prettige en interaktiewe wyse en sal aan die kleuter wat pas met sy skoolloopbaan begin het, 'n reuse voorsprong gee. 

Die program handel oor die drie komponente wat noodsaaklik is vir skoolgereedheid, naamlik die Alfabet (geletterdheid), Syfervaardigheid  (gesyferdheid) en Perseptuele Ontwikkeling. Elke les word opgevolg met werkboekaktiwiteite. Laasgenoemde is essensieël in enige leerproses, aangesien dit die konsepte wat pas geleer is, versterk en vaslê. 

Hierdie gedeelte van die program leer die kind hoe om te tel asook hoe om die syfers korrek te skryf. Plekwaardes word beklemtoon. Om dit te doen, lei Dina die leerder na die wêreld onder die see, waar verskeie interessante seediere ontmoet word. Informatiewe leer is dus deel van die proses. 

In elke les neem Dina die jong kind na verskillende dele van die wêreld. In die proses word die alfabet geleer, asook hoe die letters geskryf en foneties korrek uitgespreek moet word.

 Tydens hulle besoek aan die oerwoud help Dina die jongklomp om perseptuele vaardighede te bemeester. In die oerwoud word daar geleer van vorms, kleure, visuele diskriminasie, kategorisering, rymwoorde, teenoorgesteldes en dies meer.

"Ek wil jou net laat weet dat my dogtertjie baie beindruk is met Dina. Sy speel so tussen een en een en 'n halwe uur non-stop op Dina, en sy lag heerlik vir sekere oefeninge. Gisteraand het sy my vertel, net voor sy gaan slaap het, van die oulike monsters wat sy op Dina met vorms voer, en dan na-aap sy hoe hulle praat. Daar is 'n memory game wat sy en haar pa speel en dan kyk wie kry die hoogste score. Dit is veral haar gunsteling en elke keer 'n uitdaging om te kyk of sy haar pa kan wen. Die program is regtig kindervriendelik en baie genotvol.Sy speel ook heeltemal onafhanklik op haar eie, waar ek altyd by ander soortgelyke programme moes help. Baie dankie vir die aanbeveling. Jy moet my asseblief laat weet as daar soortgelyke programme is. Ek voel regtg Dina is uit en uit die moeite werd, en jy kan dit maar altyd aanbeveel. Baie dankie vir julle uitstekende diens.  

Windows 98 / 2000 / ME / XP, Pentium III, 256 MB Ram, 600 MB spasie op hardeskyf, grafiese kaart, cd-rom & luidsprekers.

 

 


Product Images:

Back to Shop